SêNet-briewe | Letters

 
altoos aan’t agterlaat
assittie familie, vriende, geliefdes is,
assie dood nie so naby Lewe Een, Aards,
assie verwesenliking van Self-bevryding,
ma’ net wetenskaplik uitgeleg, beplan,
was, was Mens inne veel beter scenario,
situatio, veral as Lewe afhang, van Kreateur,
Sy Vergifnis-Ratio, hoe Hy Mens B’oordeel,
op grond van struktuurgeweldsopponering,
bestryding van sjatan, al wat Hy Wil Hê,
Mens uiteindelik ma’ moet doen, opreg,
te wil werk vir werk van Versoening,
post-Gewete-herwinning, nie als só,
so oneties, onsubtiel, Gewete-loos,
onsuiwer, onnodiglik, onmenslik,
gewetenloos, Self-destruktief,
soos “Duiwelspiek”-siekte nie

dissie nette soort saamsweerteorie,
hayi, Mens, net Via Liefde, vir Naaste,
Via Liefde, vir Vader, vir Eie, Self,
sal Mens Self kan herwin, menslik,
medemenslikheidsgewys Naaste,
as medemens waardeer, bemin

soos uit oudsher geskiedenis, storie,
Mens absoluut bewustelik, nog zero,
niks van Self-destruksiwiteit toe wis,
of vannie voordele daarvan, eksakt,
super-ultra-wetenskaplik onskuldig,
noggie “Duiwelspiek”-dissipelskaplik,
onner onkund’-ontkenningsinvloed,
of enig’ anner vals pseudosindroom

Jacobus Faasen

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address