NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

 
"Alles en nog wat vir enige mark"


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
 9780798157339



Markdag
Callie Maritz , Mari-Louis Guy

Markte is toenemend gewild en elke klein dorpie en "hipwoonbuurt het deesdae sy eie mark, ’n gunsteling uitstappie vir oud en jonk.

Die koskenners en skrywersbroer en -suster Callie Maritz en Mari-Louis Guy nooi jou uit om deel te word van dié lekkerte.

Hulle boek is propvol nuwe, oorspronklike en kreatiewe resepte vir self geniet of vir present-gee – of verkoop om jou inkomste aan te vul.

Resepte soos waatlemoenkoek, macadamiabobotie, sjokolade afdrukke, oopgesig Aloo pasteitjies, Ouma se melktert en marshmallow reënboogkoek is maar van die baie verrassings wat wag.

’n Besielende visuele fees wat jou vingers sal laat jeuk om self deel te word van die volgende markdag in jou omgewing.

Elke hoofstuk is pragtig ontwerp om by elke spesifieke mark te pas. Die hoofstukke dek onder meer:

•   Skoolkermis en fondsinsameling
•   Kerkbasaar
•   Padstalletjie
•   Stads- en dorpsmark
•   Straatkos
•   Wêreldmark en die toekoms
•   Geskenke en feesviering
•   Boeremark

Ook in Engels beskikbaar as Make Give Sell.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Markdag nou van Kalahari.com!

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address