Afrikaans en die US-taaldebat

  • 1


 

  • 1

Kommentaar

  • D. Eduard van Dijk

    Afrikaans By US ’n Bate 2013/11/16
    Prof Magda Fourie se Repliek (DB By 10e, bl. 6) en Pierre Le Roux (DB By 10e, bl. 2) verwys.
    Graag vra ek vir prof Fourie, as Viserektor (Onderrig) of sy erken dat Afrikaans ’n besondere bate by US is, omdat dit, anders as Engels, gemaklike toegang tot Germaanse tale bied?
    In hierdie verband die volgende:
    Burger 3 Oktober 1929 “Lof Vir Ons Universiteite - Mening van Prof O Abel - Te Weinig Aandag aan Vreemde Tale.” Wat hy oor Stellenbosch skryf, is insiggewend: “... maar ek wil veral Stellenbosch meld. Ek het daar voorlesings in Duits gehou, en die aandag en oplettendheid van die studente het my werklik verbaas. Hulle kon my maklik volg, soos ek duidelik uit hul vrae gemerk het ...”
    In die Burger van 18 Oktober 2005, is daar ’n brief: “Die US was nooit eentalig.” Juis. Daar was respek vir ander tale, ook Engels, gewees.
    Dit gaan nie by my, of baie ander voorstanders van die behoud van Afrikaans as voertaal, net oor Afrikaans nie. Dit gaan ook oor die feit dat Afrikaans nie die bagasie van eentalige arrogansie saamdra nie.
    Omtrent ’n kwart van wetenskaplike literatuur kom op die oomblik uit die derde wêreld. Heelwat hiervan handel oor vakke soos geneeskunde. Werklike uitnemendheid vereis dat hierdie inligting in ag geneem word. Daar kan verwag word dat ’n Afrikaanssprekende student meer vatbaar sal wees vir die begrip dat artikels in tale anders as die voertaal, of voertale, van haar of sy universiteit, belangrik is. Die Iberiese tale, Spaans en Portugees word reeds deur meer mense as Engels gebruik. Vakliteratuur in dié tale gaan toeneem, om nie eers van Sjinees te praat nie.
    Selfs waar ’n handboek in Engels is, is vertaling, deur student of dosent, ’n waardevolle intellektuele oefening
    Eduard van Dijk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top