Advertensies: Koop jy dit?

  • 1

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


 

  • 1

Kommentaar

  • Kopieskryf? Kinderspeletjies of grootmense se werk?

    Dese voorgestelde bydrae kom van ’n man wat die eerste 25 jaar van sy "volwasse" lewe in die reklamebedryf deurgebring het. Hy werk vir 8 van Suid-Afrika se grootste reklame agentskappe as kopieskrywer, en daarna vir die laaste 13 van die 25 jaar-tydperk van sy lewe werk hy vir sy eie bankrekening as vryskutkopieskrywer. Hy het waarskynlik ietsie reg gedoen, want alles loop lekker. Hy verdien goed vir 13 jaar lank.

    Toe slaan die slag. 10 April 1993. Chris Hani sterf aan die hand van sluipmoordernaars. Werk vir dese vryskut-kopieskrywer verdwyn soos mis voor die son. Korporatiewe instellings se sakevertroue val soos ontlasting in toeka tyd se outydse buitetoilet. Die mark lyk verlate.

    Terselfdertyd besef dese kopieskrywer ook kopieskryf is ’n beroep vir mense wat jonk in die kop is. (Die oorgrote hoeveelhede boodskappe in reklame word geskep volgens vlak van verstandelike ontwikkeling van die gemiddelde 12 jarige tiener se intellektuele- en leesvermoë ten einde suksesvol te wees in die markplek.)

    ’n Jaar na die sluipmoord op Chris Hani, skuif dese eertydse kopieskrywer aan na ander geleenthede om te kan voortleef. Spyt daaroor is hy nie. Meer as twinting jaar later sit die twee veroordeelde sluipmoordenaars nog steeds in die tronk waar hulle onlangs aangeval is, en die vryskutkopieskrywer skryf en skep deesdae wat hy ook al lus het.

    Basiese reklame-beginsels het egter nie nie verander nie. Die ses belangrikste beginsels, kort gestel, volg:

    1. Daar is 'n direkte verwantskap bestaan tussen belê in reklame en bruto produk van ‘n land. Met ander woorde, hoe meer belê word in reklame, hoe groter ’n land se bruto produk. Reklamebegrotings word dus beraam, hersien en gemeet aan wat die resultate wat bereik word met beleggings daarvolgens gemaak in die koop van uitvoering van boodskappe en media-ruimte en/of tyd.

    2. Etiese self-kontrole. Die Suid-Afrikaanse reklamebedryf word uit eie geledere verantwoordelik gereguleer (ook betreffende etiek). Die stelsel is al dekades lank in plek en tree besonder verantwoordelik op. Dit is hoogs georganiseerd en doeltreffend, veral betreffende etiese aspekte respekteer en reguleer. Amanda Lourens hoef haar dus nie oor etiek in Suid-Afrikaanse reklame te kommer nie. Daar is reeds 'n volle operasionele stelsel, insluitende 'n "mense-masjienerie" wat doeltreffende beheer waarborg (verwys http://www.asasa.org.za/).

    Betreffende gender kwessies veroorsaak onlangse wetgewing in Uganda ernstige kommer, asook in meer as 35 ander lande waar daar ernstige gender kwessies is. Reklame in Suid-Afrika nie is nie 'n gender kwessie nie. Stel dus vir Amanda Lourens gerus, sy - en ook enige iemand anders - kan by bostaande skakel kla indien hulle dink daar is genderkwessies in Suid-Afrikaanse reklame. In Uganda gaan "anderste mense" tronk toe. Lewenslank.

    3. Reklameboodskappe kan in twee hoofgroepe verdeel word. (1) Harde verkoopaanslag – sodanige boodskap konsentreer meestal op produk-prys/waarde vir geld (2) Sagte verkoopaanslag – sodanige boodskap is meestal op bevrediging van emosionele behoeftes gegrond. Met die harde verkoopsaanslag word dieselfde kernboodskap (en/of variasies daarvan) gewoonlik met groter gereeldheid as laasgenoemde herhaal. Supermarkte se reklame is treffende voorbeelde hiervan. Met sagte verkoopsaanslag word die handelsmerk se beeld gereeld in ag geneem, reklame gemonitor en indien moontlik verbeterend aangepas.

    4. Klein begrotings kry hupstote deur skeppende werk wat van so uitstaande gehalte is dat die blootstelling daarvan aandag trek in die markplek en meer markaandag word sodanig gekoop met minder uitgawe aan media-ruimte en of tyd.

    5. Uitstaande skeppende reklame, span nie slegs taal in nie. Gebruik word veral gemaak van wisselwerking tussen visuele en klank elemente (musiek, byklanker en dies meer in die geval van TV), en in die geval van radio audio-taal wat met gebruik van sekere tegnieke die verbeelding kan stimuleer om gedagtebeelde te vorm en te manipuleer in belang van die handelsmerk.

    6. Omvattende kundigheid, doeltreffende reklame skryf of skep en die skepping bestuur tot sinvolle reklame-kommunikasie bestaan nie net uit “woord”-taalgebruik nie. Dit bestaan uit die omvattende kundigheid om optimum wisselwerking tussen alle beskikbare kommunikasie-middele te weeg te bring ten einde so veel impak, inslag en bekendheid vir so min belegging en/of uitgawe as moontlik te koop.

    Jan en San Publiek is lui om te lees. Baie van hulle is ongeletterd. Kopieskrywers word betaal om so min woorde moontlik te skryf. Hoe meer 'n kopieskrywer kan sê sonder woorde, hoe beter ontwikkel is sy vaardighede as kopieskrywer. Die slimmighede van woordspelings is slegs een van te veel tegnieke om hier te lys. 'n Goeie kopieskrywer weet van alle tegnieke en gebruik die een wat die beste sou pas by die betrokke opdrag.

    In werklikheid is dit binne die raamwerk van bostaande ses belangrikste beginsels wat kopieskrywers, nie net woorde skryf nie, maar ook moet dink om volgens die grootmenere in die sakewêreld se pype te dans (en te sing). Hy of sy moet dese take verrig, en dit dan doen met 'n mark-georiënteerde ingesteldheid wat nie juis veel voorsiening maak vir pedantiese academia en soeke na aangewese tegnieke nie – veral nie op 'n webwerf sonder betaling vir oordrag van sulke kennis nie.

    Van die kopieskrywer word geverg om op te tree in en om die tafel in die direksie van maatskappye se raadkamer waar jaarverslae en balansstate onsigbare muurpapier vorm, en nie in biblioteke, lesinglokale of studeerkamers van akademiese instellings nie. (Advertensie-skole uitgesluit.) Ondervinding binne die bedryf is die allerbeste slypskool.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top