2014 se “New Voices”-kompetisie oop vir inskrywings

  • 0

PEN Internasionaal se “New Voices Award” word vanjaar vir die tweede keer toegeken. Verlede jaar is Masande Ntshanga – PEN South Africa se verteenwoordiger – as die eerste wenner van hierdie internasionale skryfkompetisie aangewys, met naaswenners uit Meksiko en Kanada.
 
PEN Afrikaans kan twee verhale inskryf en nooi graag alle ongepubliseerde skrywers tussen 18 en 30 om ’n Afrikaanse kortverhaal tussen 2 000 en 4 000 woorde voor te lê. PEN Afrikaans sal op eie koste die twee wenskrywers se kortverhale in Engels, Frans en Spaans laat vertaal en hul kortverhale vir die kompetisie inskryf.
 
Prys vir internasionale wenverhaal: $1 000.

Stuur dit aan: penafrikaans@gmail.com.

Sluitingsdatum: 6 Mei 2014.
 
Kompetisiereëls

  • Deelnemers moet op 20 Mei vanjaar 18 jaar of ouer; en jonger as 30 jaar wees (let egter op die sluitingsdatum van 6 Mei).
  • Die kompetisie is slegs oop vir skrywers wat nog nie ’n boek gepubliseer het nie. Bydraers tot bloemlesings soos Nuwe Stemme en Nuwe Stories mag wel inskryf, mits hulle aan die ouderdomsvereiste voldoen.
  • PEN Afrikaans behou die reg voor om ’n wenner of wenners aan te wys slegs indien die gehalte van inskrywings dit regverdig.
  • Kortverhale moet in Afrikaans wees.
  • Kortverhale moet in Word-formaat wees.
  • Kortverhale moet tussen 2 000 en 4 000 woorde lank wees. Inskrywings wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, sal gediskwalifiseer word.
  • Slegs een inskrywing per deelnemer. Indien meer as een inskrywing ontvang word, sal slegs die eerste gelees word.
  • Die sluitingsdatum is Woensdag 6 Mei om 14:00, Suid-Afrikaanse tyd. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  • Slegs e-pos-inskrywings word aanvaar.
  • Inskrywings moet vergesel word van ’n afskrif van die skrywer se ID of paspoort.
  • Inskrywings moet vergesel word van die deelnemer se volle naam, woonadres en kontaknommers (telefoonnommers).
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • PEN Afrikaans se beslissing sal geneem word deur ’n beoordelaarspaneel wat uit die PEN Afrikaans-bestuurslede saamgestel is.
  • Aangesien daar min tyd is om die vertalings te laat doen, sal die vertalers se oordeel vertrou word en sal daarby volstaan word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top