Bly warm dié winter op 'n slim, veilige en koste-effektiewe manier

  • 0

Met die winter wat die land ferm in sy greep het is dit ‘n top prioriteit om warm te bly. Dis tyd om seker te maak dat jy goed voorbereid is – beide fisies en finansieel – vir die koue maande wat voorlê.

 

“Dit behoort jou hoof fokuspunt te wees om jou en jou geliefdes veilig en warm te hou in die winter se yskoue temperature,” sê Elmarie Twilley, woordvoerder van Virseker. “Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie is brandwonde een van die top vyf oorsake van kindersterftes in Suid-Afrika. Navorsing deur UNISA het ook bevind dat kinders ‘n hoër risiko loop van brandwonde in die wintermaande.”

Twilley stel verskeie maniere voor waarop jy veilig warm kan bly, sonder dat dit jou te veel uit die sak jaag:

  • Hou gordyne en blindings oop gedurende die dag om die natuurlike sonlig en hitte in te laat; Maak hul saans toe om die hitte binne te hou.
  • Vermy dit om jou hele woning te verhit – verhit eerder net die vertrekke wat jy gereëld gebruik.
  • Maak ook, indien moontlik, die deure na vertrekke wat jy nie gereëld gebruik nie toe om meer hitte te behou in dié vertrekke wat jy wel gereëld gebruik.
  • Maak alle vensters en buite-deure dig toe en maak seker dat hulle deeglik seël.
  • Insuleer die dak met nie-toksiese, hernubare of herbruikbare materiale om maksimum hitte te behou.
  • Dink daaraan om gasverwarmers te gebruik – dié maak ‘n vertrek vinnig warm en hou lank. Maak net dubbel seker dat die vertrek goed geventileerd is.
  • Elektriese olieverwarmers is meer effektief as staaf-verwarmers, maar duurder om te koop.
  • ‘n Houtvuur-kaggel sal die area direk voor dit verwarm, maar hout is duur, brand vinnig en kan ook gevaarlik wees vir klein kindertjies.
  • Indien jy wel hout in jou kaggel gebruik, gebruik omgewingsvriendelike, volhoubare hout-tipes.
  • Wees versigtig vir kunsmatige blokke hout, of produkte met ‘n petroleum basis, wat ‘n negatiewe impak op jou gesin se gesondheid mag hê.
  • Dink daaraan om ‘n rooklose, vrystaande, gas-kaggel - wat geen installasie behalwe die koppeling van ‘n gassilinder vereis nie - te gebruik
  • Met die elektrisiteitstekort in gedagte kan jy ook ‘n smeulbranding-kaggel probeer wat met hout en antrasiet werk – dit benodig nie elektrisiteit nie, is maklik om skoon te maak en is omgewingsvriendelik.
  • Dink daaraan om ‘n klein kragopwekker, wat minimale uitlaatgasse genereer, aan te skaf om basiese verhitting en beligting aan die gang te hou in die geval van ‘n kragonderbreking.
  • ‘n Elektriese kombers maak dit baie meer aangenaam om in die winter in die bed te klim. Skakel dit so ‘n uur of twee voor slapenstyd aan en dan weer af wanneer jy inkruip. Moet liefs nie elektriese komberse vir kinders gebruik nie.
  • Dink daaraan om ‘n klein sonverhittingseenheid aan te skaf wat aan jou huishoudelike behoeftes sal voorsien.
  • Natuurlike materiale soos klip, hout, dekstrooi en klei is bes geskik daarvoor om ‘n huis koel te hou in die somer en warm te hou in die winter – neem dit in ag wanneer jy ‘n huis bou, opgradeer of uitbrei.
  • Vloere wat van steen of beton gemaak is help om gemaklike temperature in jou huis te handhaaf omdat hulle hitte deur die dag absorbeer en dit weer geleidelik gedurende die nag vrystel. Dié vloere behoort nie met matte bedek te word nie.
  • Belê in lekker dik komberse en trek gepaste klere vir die koue weer aan.

Kole, hout en paraffien is maklik bekombaar en kan gebruik word vir kosmaak en die verskaffing van hitte. Ten spyte van die feit dat dit hulle baie aanloklike opsies maak, is daar heelwat gesondheids- en veiligheidsrisiko’s daaraan verbonde.

“Moet nooit ‘n oond, stoofplaat of paraffienlamp gebruik om jou huis te verwarm nie aangesien dit ‘n brandgevaar inhou. Moet ook nooit klere, handdoeke of enige iets soortelyk op, of teen ‘n vewarmer probeer warm of droog kry nie, omdat dit maklik aan die brand kan raak”, waarsku Twilley.

Sy sluit af: “Suid-Afrika is geseënd met sonskyn, so maak die meeste van die pragtige, sonnige wintersdae. Skuif jou werk- en leefareas só dat dit maksimum hitte van die son kan kry – en wees ekstra waaksaam wanneer dit kom by verwarming.”

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top