LitNet Akademies beoog ’n reeks artikels oor onderwerpe rakende die Karoo en wag voorstelle vir artikelvoorleggings in.
"Damane en sy span was nou in die moeilikheid. Die bestuurder van die Chev-lykswa was nie bewus van die drama met die Cadillac agter hom nie en het vooruit gery. Daar was nou ’n wesenlike moontlikheid dat die lykswa by die begraafplaas sou aankom minus die begrafnisondernemer."
"Waar mense se wense té lank onderdruk word, het jy min nodig om hulle tot aksie te laat oorgaan. Philida se waarskuwing is gerig aan die nuwe politieke en godsdienstige elite: Die onderdruktes is nie almal onnosel nie. Party van hulle gaan leer om néé te sê."
Carine Janse van Rensburg gesels oor haar akademiese agtergrond, loopbaan en die mistieke in die digkuns van Sheila Cussons. Sy kom tot die gevolgtrekking dat die mistieke ’n integrale deel van Sheila Cussons se oeuvre uitmaak.
"In hierdie artikel word die aard, omvang en doel van die artikel 129(1)(a)-kennisgewing ondersoek ten einde te bepaal wat presies voldoening daaraan behels."
"Die navorsingsontwerp van hierdie studie kan beskryf word as ’n kwalitatiewe en etnografiese benadering tot ’n kritiese vergelyking tussen die musikaliteit en loopbane van twee individue uit die klassieke klaviertradisie: Vladimir Horowitz en Lang Lang."