"Drome vol Hoop" deur Fransie Rossouw

  • 0

Daar is drome in elke mens
Wat lei tot hoop en ‘n groot wens
Maar soms draai die lewe onbeskof verkeerd
En daardie drome slaan woestend swaar neer
Op ‘n ashoop, flenters, stukkend en gebreek
Gebroke mensehart so teer
Oë bly altyd gebukkend seer

Ons verdwaal soms sonder hoop
Maar hoop laat ons nie dwaal nie
Al gaan ons deur ‘n dal van doodskaduwees
Staan ons op in al ons glorie
Want ons dra die kroon van mens-wees
Drome van genade liefde hoop beskaam nie

Hoe oorkom ‘n mens die gevoel van faal
As ons drome na benede daal
Oorweldig seer en trane moeg
‘n Herder wag by waterstrome strelend
Kom daar rus, helend en alwetend
Getrooste mensehart so bedeeld
Oë bly altyd gelowig geseëld

Ons verdwaal soms sonder hoop
Maar hoop laat ons nie dwaal nie
Al gaan ons deur ‘n dal van doodskaduwees
Staan ons op in al ons glorie
Want ons dra die kroon van mens-wees
Drome van genade liefde hoop beskaam nie

Gedagtes vol van die verlede
Heimwee vriende en familielag
Ou dae eier vang en driebeen resies dag
Spook asem vol weerbarstige herinnerings
Verander dwarskoppige morbiede berge
Na molshope vol belowende lug kastele
Geseënde mensehart so baie lag
Oë bly altyd gelukkig sag

Ons verdwaal soms sonder hoop
Maar hoop laat ons nie dwaal nie
Al gaan ons deur ‘n dal van doodskaduwees
Staan ons op in al ons glorie
Want ons dra die kroon van mens-wees
Drome van genade liefde hoop beskaam nie
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top