Internasionale skenk-'n-boek-dag 2013 bring 'n leeskamer tot stand

  • 1

Twee boekmakers, Leti Kleyn en Marianne van Loggerenberg, het 2013 se internasionale skenk-’n-boek-dag omskep in ’n skenk-sommer-’n-saalvol-boeke-dag. Op 14 Februarie 2013 het hulle met ’n ruim bydrae van Spoor & Fischer ’n leeskamer vir Makhathini Lower Primary School in Mhluzi (Mpumalanga) opgerig. Pan Macmillan het duisende rande se boeke geskenk. Die doel of toekoms van die leeskamer is om te help om die provinsie se 13%-geletterdheidsyfer te verhoog. Hier is ’n paar foto’s.

 

  • 1

Kommentaar

  • Marianne van Loggerenberg

    Ek werk vir Pan Macmillan SA.

    Pan Macmillan SA het R 9 580.00 se boeke geskenk. Dit was 252 boeke in totaal. 150 boeke vir graad R- tot graad 3-leerders en 112 boeke vir graad 7- tot graad 9-leerders. Die Where's Wally-karaktertjie (Walker Books) was die tema van die dag. Ek het hulle aan Wally bekendgestel en Wally het vir hulle boodskappe oor die waarde van lees al die pad uit Afrika gestuur. Natuurlik wou al die kinders vir Wally op die groot plakkate vind.

    Verder het 'n ander donateur (Minda van Loggerenberg), 'n boksie met 6 Where's Wally-boeke vir die leeskamer geskenk, sodat die kinders steeds na hom kan bly soek al is die dag verby.    

    Die doel van die skenking was om die kinders bewus te maak van die waarde en vreugde wat boeke en lees aan hulle lewens kan toevoeg.      Die graad R- tot graad 3-leerders het 'n verskeidenheid Priddy-boeke en Giraffe (ons plaaslike druknaam vir die kinderboeke) ontvang in Engels, Isizulu en Sepedi en die ouer kinders 'n verskeidenheid van fiksie tot Soccer Match Annual-boeke.    

    Die ouer kinders was net so ongelooflik gewees. Nadat Spoor en Fischer se verteenwoordiger, Reggie Dlamini, met hulle gesels het het 'n seun (as ek reg onthou is sy naam Simphiwe - dit beteken dankbaar), die volgende vir ons gesê: "Hold this book that you have received today up high, hug your book and say to it: 'Together Forever.'"    

    Marianne van Loggerenberg

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top